Luister nou

Verdagte in die hof na nagklub-drama

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n Uitsmyter wat na bewering betrokke was by die marteling van kliënte by die Zanzou-nagklub in Pretoria, verskyn vandag weer in die hof, waar hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Die verdagte is in Februarie in hegtenis geneem nadat video’s aan die lig gekom het waarin jong mans fisiek en seksueel deur die nagklub se uitsmyters aangerand word.

LEES OOK: Burgemeesterskomiteelid eis nagklub-eienaars se reaksie ná beweerde aanranding

Sedert die video’s in die openbaar versprei is, het sewe slagoffers na vore gekom. Volgens ‘n IOL-berig het ‘n agtste slagoffer glo intussen  na vore gekom.

Die nasionale polisiewoordvoerder, bigadier Athlenda Mathe sê drie van die slagoffers voer aan dat hulle pas hulle matriekuitslae ontvang het, en dat hulle dit by die nagklub wou gaan vier toe die voorval plaasvind.

Die nagklub is intussen gesluit.

Die staat het aangedui dat sy borgtog teengestaan sal word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Malaria - Regency Healthcare

Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Ander Nuus Artikels

Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering
Fotokrediet: WUNC
Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd
SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Luister nou