Micaela Daniels, Kelly Smith se suster en die vermiste Joshlin Smith se tannie het vandag in die rondgaande hof in Saldana getuig dat Kelly glo vir haar gesê het dat iemand vir Joshlin wil verkoop.
Daniels – ‘n konstabel verbonde aan die polisie se eenheid vir openbare orde in Upington – het verder getuig dat Kelly glo die dag na Joshlin se verdwyning gelukkig geklink het toe sy met haar oor die foon gepraat het.
Volgens Daniels was Kelly verheug oor die klere wat die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, wat toe nog net die leier van die Patriotic Alliance was, vir haar ander twee kinders gekoop het.
Kelly, haar kêrel, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn staan tereg op klagte van onder meer ontvoering en dwarsboming van die gereg.
Die saak duur voort.