Die polisie het twee vermeende dwelmsmokkelaars by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg in hegtenis geneem, en beslag gelê op kokaïne ter waarde van R7,5-miljoen.
Die Suid-Afrikaanse man en vrou, het op twee afsonderlike vlugte van Brasilië in Johannesburg geland toe hulle deur die polisie onderskep is.
Volgens die polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Amanda van wyk het die vrou kokaïne met ‘n straatwaarde van R2,5-miljoen in haar besit gehad, terwyl die man R5-miljoen se kokaïne gehad het.
Hulle staar aanklagte van dwelmsmokkelary in die gesig en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.