Luister nou

Zuma se dogter op waarskuwing vrygelaat oor 2021-onluste

Deur Pretoria FM Nuusspan

30 Januarie 2024

Oud-president, Jacob Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla is op ‘n waarskuwing vrygelaat nadat sy vanoggend vlugtig in die landdroshof in Durban verskyn het in verband met die 2021-onluste in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng.

Duduzile Zuma-Sambudla is nou ‘n MK-LP.

Zuma-Sambudla is aangekla ingevolge art. 14 van die Wet op die Beskerming van Grondwetlike Demokrasie Teen Terrorisme en Verwante Aktiwiteite.

Sy het glo in aanloop tot die 2021-onluste in Julie verskeie plasings op haar X-profiel (destyds Twitter) gemaak waarin sy mense aangemoedig het om te betoog nadat haar pa in hegtenis geneem is. Dít omdat hy geweier het om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te verskyn. Sy het ‘n beroep haar volgelinge gedoen om KwaZulu-Natal tot ‘n stilstand te dwing totdat haar pa vrygelaat word.

Skokkende beeldmateriaal is versprei waarin gesien kan word hoe winkels leeg gemaak word, in sommige gevalle is boumateriaal selfs gebreek en gesteel. Televisie-stelle, kombuistoebehore, klere en kos wat net van die geplunderde items.

Byna 350 mense is gedurende dié tydperk van onluste dood. Zuma moes 15 maande gevangenisstraf uitdien, maar is op mediese parool vrygelaat.

Borgtog is nie deur die staat teengestaan nie. Zuma-Sambudla het haarself vanoggend aan die polisie oorgegee.

Die saak is tot 20 Maart uitgestel vir verhoor en na die hooggeregshof in Durban oorgeplaas.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan

Luister nou