Luister nou

Lesetja Kganyago die US se nuwe kanselier

Deur Pretoria FM Nuusspan

24 Januarie 2025

Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago is vroeër vandag eenparig tot nuwe kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) verkies.

Die kom nadat oudregter, Edwin Cameron se termyn in Desember verlede jaar verstryk het.

Kganyago het in 2018 ʼn eredoktorsgraad van die US ontvang. Die huidige vise-kanselier, en rektor van die US, prof. Wim de Villiers meen Kganyago se aanstelling sal talle studente inspireer.

Kganyago het ʼn meestersgraad in ontwikkelingsekonomie aan die Universiteit van Londen se School for Oriental and African Studies en ʼn baccalaureusgraad in die handel (BCom) in rekeningkunde en ekonomie aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal.

Hy het in ‘n verklaring gesê dat tersiêre instellings ‘n belangrike rol speel in die vorming van toekomstige leiers. Volgens hom beskou hy die US as dinamies, en sien hy daarna uit om jong mense te inspireer om hulle volle potensiaal te bereik.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Fotokrediet: BusinessTech

eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban

ekonomie - Pretoria FM

Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer

Ander Nuus Artikels

Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging
Placeholder_400x230
Heksejag op Oppenheimer en Ansara
Internasionale Perspektief nuut
Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Luister nou