Luister nou

Organisasies gee sy laaste insette oor die omstrede Bela-wet

Deur Pretoria FM Nuusspan

13 Desember 2024

Die Solidariteit Beweging sê hy het sy finale insette oor die omstrede Bela-wet voor die sperdatum van 13 Desember aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur.

Die Solidariteit Beweging Trust se operasionele hoof, Werner Human sê die beweging het met Ramaphosa ooreengekom dat die omstrede Bela-artikels nié vandag, 13 Desember, gepromulgeer gaan word nie, maar dat dit bloot die einde van die konsultasietydperk is.

Human sê indien die president voortgaan om die omstrede artikels 4- en 5 te promulgeer voordat toepaslike norme, standaarde en regulasies ontwikkel is, sal Solidariteit en AfriForum voortgaan met hofstappe omdat dit “onregmatig sal wees.”

Die konsultasiegesprekke waarvan die Solidariteit Beweging deel was, sluit gesprekke met die ANC, mediasie by Nedlac en ʼn proses by Nedlac in. Human sê Solidariteit sal wag vir enige aankondiging van die president voordat verdere stappe gedoen word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging

Luister nou