8 November 2024
Waarskuwing: Die inhoud van die berig kan sensitiewe lesers ontstel.
Reisigers, en besoekers aan die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg moes vanoggend in die vroeë oggendure ‘n skokkende toneel aanskou.

Dít na ‘n internasionale toeris haar hond by drie verdiepings afgegooi het.
Volgens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het ‘n Franse vrou saam met haar hond vanaf Frankryk na Brasilië gevlieg. Sy het ‘n ekstra vliegkaartjie vir haar hond gekoop.
Sy het Woensdag in Suid-Afrika geland vir ‘n tussen-stop. Senior inspekteurs verbonde aan die NDBV, Arno de Klerk en Denise Govender is vanoggend omstreeks 11:00 na die lughawe ontbied.
Die Lughawens Maatskappy van Suid-Afrika (ACSA) het beeldmateriaal aan die NDBV oorhandig waarin gesien kan word hoe die hond in die internasionale aankomsaal van die lughawe agter die vrou aan hardloop. Sy tel dan die hondjie op en gooi hom drie verdiepings ver bo-oor die reëling van die balkon.
Volgens die NDBV was die hondjie nog lewend toe die inspekteurs by hom kom. Hy moes egter uitgesit word weens dis erns van sy interne wonde.
Die vrou is glo steeds êrens in die lughawe, en die saak word ondersoek.