Luister nou

Ramaphosa nuusbrief: “Arbeidswette sal wanbalanse van die verlede regstel”

Deur Pretoria FM Nuusspan

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal voortgaan om sy sogenaamde progressiewe wette te gebruik om wanbalanse van die verlede reg te stel.

Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief dat die stimulering van ekonomiese groei en werkskepping en die behoud van werkersbeskerming sluit mekaar nie uit nie.

Dit kom te midde van die DA se hofaansoek teen die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming, wat môre in die hoogeregshof in Pretoria aangehoor word.

Die DA is van mening dat die wet “rigiede nasionale raskwotas” in die werkplek gaan afdwing.

Ramaphosa sê die arbeidswetgewing sal nie verslap word, omdat sommige politieke partye daarvoor vra nie.

Die DA se woordvoerder oor arbeidsake, Michael Bagraim, sê die wysigings sal tot toenemende rompslomp vir maatskappye lei en werksverliese tot gevolg hê.

4 Responses

  1. Enigge iemand met ‘n halwe brein kan sien dat die raskwotas het vir die laaste 30 jaar al nie gewerk nie, maar die idiote aan die stuur van die regering is te onnosel om dit self te besef.
    Hulle hou aan dieselfde stront doen en verwag verandering.
    As mens breinloos is kan hy nie gehelp word nie.

  2. Uurglas vir die uwe en kie is besig om uit te loop, kwessie van tyd….. eers met Munisipale verkiesings en dan nasionale verkiesing in 2029. Met elke verkiesing gaan die ANC al hoe minder steun kry….tik tok tik tok!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ernst Roets

3000 kruise moet krisis onignoreerbaar maak

Tshwane-logo

Koalisies in al die metro’s verwag

Voorblad

AfriForum en March and March deel verskeie standpunte

Internasionale Perspektief nuut

Waarom die GOP nog in November kan wen

Polisielogo

SAPD wéér in die pekel oor omstrede bevorderings

Ander Nuus Artikels

Boek 3
Graffiti-boekeblad 21 Augustus 2026
Boer tot bord
Die 20/80-mite van Suid-Afrika se boere
Meisies en seuns kuberafknouery
Meisies en seuns ewe betrokke by kuberafknouery
Ernst Roets
3000 kruise moet krisis onignoreerbaar maak
Tshwane-logo
Koalisies in al die metro’s verwag

Luister nou