Luister nou

Minder moorde in die 1ste kwartaal in die Tshwane-metro aangemeld

Die GOOD Party sê hulle is positief oor die afname in misdaad in die Tshwane-metro, soos weerspieël in die jongste misdaadsyfers vir Gauteng van Januarie tot Maart vanjaar.

Hoewel drie maande nie genoeg is om ’n vaste tendens te bevestig nie, dui die syfers op ’n verbetering, met moordsyfers in die Tshwane-metro wat met 17,7% gedaal het – die grootste afname van alle metros in Gauteng.

Van die 17 misdaadkategorieë wat gefynkam word, het die Tshwane-metro in 15 kategorieë afnames getoon. Dit sluit in onder meer gevalle van verkragting, roof by sakepersele, vragmotorkapings en transito-rooftogte.

GOOD, wat sedert Oktober 2024 deel is van Tshwane-metro se koalisieregering, sê die verbetering toon dat hul fokus op dienslewering, wet en orde, en gemeenskapsveiligheid begin vrugte afwerp.

Die party meen die metro is ‘n bewys dat ’n diensgedrewe koalisieregering werklik ’n verskil kan maak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Diesel

Brandstof: “’n Mens se finansies is in sy dinges in.”

Fotokrediet: Daily Maverick

Kabinet het niks om weg te steek nie

Fotokrediet: Western Cape Government

Bedrog met leerlinglisensie-toetse neem tog af

Beeste - bek-en-klouseer

Kabinet tevrede met BKS-vordering

Fotokrediet: Daily Maverick

Fadiel Adams kom in Pinetown aan

Ander Nuus Artikels

Die Kantoor
‘n Kykie na Die Kantoor van Pretoria FM
Phillip Bezuidenhout
Jongman se dood laat hernude oproepe ontstaan vir optrede teen straatrenne
Die hantavirus word gewoonlik weens die blootstelling aan besmette knaagdiere oorgedra.
Hantavirus: “Geen rede tot kommer, word noukeurig gemonitor”
Diesel
Brandstof: “’n Mens se finansies is in sy dinges in.”
Fotokrediet: Daily Maverick
Kabinet het niks om weg te steek nie

Luister nou