Luister nou

Malema “dankbaar” oor blootstelling danksy Trump

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die EFF-leier, Julius Malema glo dat die aandag wat hy verlede week van die Withuis ontvang het, dié party se steun verbeter het in aanloop tot die komende plaaslike regeringsverkiesieng.

Malema het tydens ‘n veldtog in aanloop tot Woensdag se tussenverkiesing in Wyk 16 in die Ngwathe-Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat opgetree.

Hy het aan joernaliste gesê dat – ten spyte van teenstanders en die media wat sê die party is besig om te uit te sterf – die EFF steeds relevant is aangesien daar in die Withuis oor die party gepraat is.

Amerika se president Donald Trump het tydens sy vergadering met president Cyril Ramaphosa ‘n saamgestelde video van Malema gewys waar hy uitlatings oor witmense, grondgrype en die Kill the Boer-lied gemaak het. Trump wou weet waarom Malema nog nie in hegtenis geneem is vir sy uitlatings.

Malema het weer tydens die geleentheid die omstrede lied, Kill the Boer, gesing.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Voorblad

AfriForum en March and March deel verskeie standpunte

Internasionale Perspektief nuut

Waarom die GOP nog in November kan wen

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 21 Augustus 2026

Polisielogo

SAPD wéér in die pekel oor omstrede bevorderings

Fotokrediet: Moneyweb

Absa neem administrasie van pensioenfonds oor

Ander Nuus Artikels

Meisies en seuns kuberafknouery
Meisies en seuns ewe betrokke by kuberafknouery
Ernst Roets
3000 kruise moet krisis onignoreerbaar maak
Tshwane-logo
Koalisies in al die metro’s verwag
Voorblad
AfriForum en March and March deel verskeie standpunte
Internasionale Perspektief nuut
Waarom die GOP nog in November kan wen

Luister nou