Luister nou

Maatskaplike dienste “misluk” weens onreëlmatige besteding

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n Skandaal waarin R1,3-miljard glo op ‘n onreëlmatige wyse bestee is, is glo weens die nie-nakoming van wetgewing deur die departement van maatskaplike ontwikkeling in Gauteng, en laat nou kwesbare inwoners sonder die nodige maatskaplike dienste.

Die DA se lid in die staande komitee oor openbare rekeninge in Gauteng, Alan Fuchs, sê ten spyte van die ouditeur-generaal se waarskuwings is daar nog geen ondersoeke gedoen nie en niemand is verantwoordelik daarvoor gehou nie.

Hy sê die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi en die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Faith Mazibuko, het versuim om antwoorde te verskaf en dit blyk of hulle die skuldiges beskerm deur forensiese verslae terug te hou wat die wydverspreide korrupsie aan die kaak sal stel.

Fuchs sê verskeie nie-regeringsorganisasies is genoop om te sluit weens wanbetaling en honderde mense is sonder die nodige sorg gelaat.

Hy sê die DA se lid van die provinsiale wetgewer, Refiloe Nt’sekhe, het intussen ‘n mosie van ondersoek oor die departement se mislukkings ter tafel gelê, maar dit is nog nie bespreek nie

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou