Luister nou

Joshlin Smit se ma weer vandag in die hof

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die ma van die vermiste 7-jarige Joshlin Smith verskyn weer vandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof vir ‘n voor-verhoor.

Joshlin Smith.

Joshlin het ‘n jaar gelede, op 19 Februarie 2024, weggeraak en daar word beweer dat haar ma, Kelly Smith, haar aan ‘n onbekende vrou naby hulle huis in Middelpos, Saldanha-baai verkoop het.

Smith se mede-beskuldigdes, Jacquen Appolis en Stevano van Rhyn sal na verwagting by haar aansluit nadat hulle ‘n vorige verskyning misgeloop het.

Appolis en Van Rhyn word nog by die Malmesbury gevangenes aangehou, nadat hulle nie na Kaapstad oorgeplaas is nie.

Die drie beskuldigdes staan tereg op aanklagte van ontvoering en mensehandel.

Die Staat het bevestig dat die saak na ‘n hof in Saldanha-baai verskuif sal word om die gemeenskap toegang tot die verhoor te gee.

4 Responses

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Voorblad

AfriForum en March and March deel verskeie standpunte

Internasionale Perspektief nuut

Waarom die GOP nog in November kan wen

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 21 Augustus 2026

Polisielogo

SAPD wéér in die pekel oor omstrede bevorderings

Fotokrediet: Moneyweb

Absa neem administrasie van pensioenfonds oor

Ander Nuus Artikels

Meisies en seuns kuberafknouery
Meisies en seuns ewe betrokke by kuberafknouery
Ernst Roets
3000 kruise moet krisis onignoreerbaar maak
Tshwane-logo
Koalisies in al die metro’s verwag
Voorblad
AfriForum en March and March deel verskeie standpunte
Internasionale Perspektief nuut
Waarom die GOP nog in November kan wen

Luister nou