Luister nou

Zuma se dogter ontken betrokkenheid by huursoldaatwerwingsprogram

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor internasionale betrekkinge en samewerking, Supra Mahumapelo, sê hy is tevrede dat die polisie die saak van die 17 Suid-Afrikaners wat in die Donbas-streek van Oekraïne vasgekeer is, formeel sal ondersoek.

Die mans is glo deur lede van die MK-party na die oorlogsgeteisterde land gelok.

Oudpresident Jacob Zuma se dogter en MK-partylid, Duduzile Zuma-Sambudla, word daarvan beskuldig dat sy die mans gewerf het wat na bewering gedwing word om in Oekraïne te veg.

Zuma-Sambudla sê egter sy was nie die meesterbrein agter ’n sogenaamde huursoldaatwerwingsprogram na Rusland nie, maar eerder die eerste slagoffer van ’n uitgebreide wanvoorstelling wat daartoe gelei het dat meer as ’n dosyn Suid-Afrikaners nou onder valse voorwendsels na ’n konflikgebied geneem is.

Sy het haar beëdigde verklaring gister by die Sandton-polisiekantoor ingedien, wat teenstrydig met dié van haar suster, Nkosazana Zuma-Mncube, is.

Zuma-Mncube het Zuma-Sambudla en twee ander MK-lede daarvan beskuldig dat hulle die 17 mans bedrieg het om as Russiese huursoldate te gaan veg.

Die mans sou glo as lyfwagte vir die MK-party opgelei word.

Fotokrediet: Darren Stewart/Gallo Images/Getty Images

Gewilde Nuus

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Luister nou