Luister nou

Willie Spies tree uit as voorsitter van Pretoria FM

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die uitvoerende voorsitter van Pretoria FM se direksie, Willie Spies, het pas uit die stasie se direksie getree.

Spies, wat vir meer as 14 jaar by Pretoria FM betrokke was, is ‘n direkteur by die prokureursfirma Hurter Spies Ingelyf en het in verskeie sake namens dié radiostasie opgetree. Die afgelope paar jaar het Spies homself gevestig as kampvegter vir gemeenskapsradiostasies en verteenwoordig gereeld radiostasies van regoor die land in regsgedinge.

Hy sal steeds as Pretoria FM se regsverteenwoordiger optree.

Pretoria FM se stasiebestuurder, wat ook tydens die algemene jaarvergadering as uitvoerende direkteur aangewys is, James Kemp, sê Spies se belangrikste rol by Pretoria FM was die vestiging van ‘n volhoubare sakemodel en die uitbreiding van personeelvoordele. Die stasie se inkomste uit lygtydverkope het in die 14 jaar sedert Spies betrokke geraak het, met byna 300% persent gestyg en die tydperk die inflasiekoers drievoudig oortref.

“Willie het in sy tyd by die radio daarin geslaag om Pretoria FM na ‘n volgende rat te neem. Een waarin ons gegroei het tot ‘n media-instelling wat die gehalte inhoud wat ons vervaardig op verskillende platforms beskikbaarstel.”

Spies word as voorsitter opgevolg deur Charl Oberholzer, medestigter van die geskenkwinkel-groep, Handelshuis, die eiendomsmaatskappy District Holdings en die leefstylhandelsnaam, Republk, wat vandag in sowat 200 winkels regoor Suid-Afrika beskikbaar is.

Oberholzer het ‘n meestersgraad in kommunikasiebestuur en is ‘n gesertifiseerde besigheidskonsultant asook ʼn neuro-linguistiese programmeringspraktisyn. Hy was ook betrokke by die eerste entrepreneurswerkwinkel op die Afrikakontinent in samewerking met die MIT-universiteit.

Gewilde Nuus

Mteto Nyati - TechCentral

Eskom het ’n oorskot elektrisiteit

Fotokrediet: Netwerk24

Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel

Brandstof 1

Brandstofpryse styg hoër vanaf middernag

Stefan2

Tembisa-tenderskandaal: Beweerde meesterbrein kry borgtog

Sisi Khampepe chairperson  of the TRC commission of inquiry in Johannesburg. Photo Veli Nhlapo

Konstitusionele hof wys aansoek van die hand

Ander Nuus Artikels

Amazon-logo
Solidariteit ondersoek Amazon se beweerde rasse-uitsluiting
Anil-Sooklal
SA hoë kommissaris in Indië vrygespreek ná Zuma-Gupta-besoek
Charlie Kirk 1
Tyler Robinson moet tereg staan vir die moord op Charlie Kirk
Mteto Nyati - TechCentral
Eskom het ’n oorskot elektrisiteit
Fotokrediet: Netwerk24
Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel

Luister nou