Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Weste nie gereed vir konflik met alliansie van outoritêre wêreldmagte

Nuuskommentaar: 5 Februarie 2025

Deur: Jaco Kleynhans

Die voormalige Amerikaanse president en huidige kandidaat in aanloop tot vanjaar se verkiesing op 5 November, Donald Trump, het die afgelope naweek in Suid-Carolina sy opponent en huidige Amerikaanse president, Joe Biden, daarvan beskuldig dat hy Amerika in ’n Derde Wêreldoorlog instuur. Trump se oordrewe opmerking kan maklik as verkiesingshiperbool afgemaak word, maar die werklikheid is dat dit grootliks ooreenstem met waarskuwings uit byna elke Westerse en pro-Westerse land die afgelope paar maande.

Trump en talle Republikeine in die Amerikaanse kongres se kritiek spruit uit die toenemende aggressie van groepe in Sirië, Libanon, Irak en Jemen wat die afgelope weke aanvalle op Amerikaanse en ander Westerse teikens uitgevoer het. Al hierdie groepe tree as proksies vir Iran op en dit is duidelik dat Iran op die voorvoet in sy stryd teen Westerse invloed in die Midde-Ooste.

In Oekraïne het Rusland tans die momentum in sy tweejaarlange oorlog, en met verdeeldheid in die Weste oor hoe om ’n einde aan die konflik te bring, lyk dinge toenemend sleg vir Oekraïne se kanse om verlore grondgebied terug te wen. Daar word die afgelope weke selfs reeds gepraat oor wat Rusland se volgende missie ná sy oorname van die Krim-skiereiland en die Donbas kan wees.

Die Duitse minister van verdediging, Boris Pistorius, het verlede week aangevoer dat Rusland binne vyf tot agt jaar ’n Navo-lidland kan aanval. Volgens Pistorius beskik Duitsland tans glad nie oor die vermoë om homself teen ’n Russiese aanval te beskerm nie. Pistorius is selfs skepties oor of Navo ’n aanval deur Rusland op een van sy lidlande sal kan afweer.

Die voorsitter van Navo se militêre komitee, admiraal Rob Bauer, het ’n beroep op Navo-lidlande gedoen om met groter erns vir oorlogvoering voor te berei. Die Britse minister van verdediging, Grant Shapps, het onlangs gewaarsku dat Rusland, China, Noord-Korea en Iran ’n wesenlike militêre bedreiging vir die Weste inhou.

Die bekende skrywer Niall Ferguson vra verlede week tereg of die Weste geen lesse geleer het uit die foute wat in die tydperk tussen die Eerste en Tweede Wêreldoorlog gemaak is nie. Dit is duidelik dat China, Rusland, Iran en Noord-Korea toenemend militêr saamwerk om Westerse globale invloed te beveg.

Tydens die Koue Oorlog was daar leiers soos Ronald Reagan, Margaret Thatcher, Helmut Kohl en Francois Mitterand wat baie goed begryp het dat ’n volgende groot militêre konfrontasie net vermy kan word deur beter voorbereid te wees vir oorlog as jou opponent.

Sedert die einde van die Koue Oorlog het byna elke Europese land sodanig op militêre besteding besnoei dat Europa nou heeltemal van die VSA afhanklik is vir sy verdediging. Europa kan slegs ’n baie beperkte rol speel om aggressie elders te stuit, soos wat die oorlog in Oekraïne bewys het. Terwyl die Amerikaanse weermag steeds die sterkste ter wêreld is, word geldige vrae oor sy gereedheid vir oorlog gevra. Die les wat die Weste tydens die twintigste eeu geleer het, is dat jy hard moet praat én ’n groot stok by jou moet dra. Indien jy net hard praat maar geen slaankrag het nie, sal jou opponent een of ander tyd jou swakpunte uitbuit. In die huidige omgewing met swak Westerse leierskap beteken dit ’n wesenlike kans vir reusekonflik. Ons moet almal hoop dat dit nog verhoed kan word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GRVyh6TbEAAnjIT

Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar

CYRIL IVOOR

“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-13 105216
68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap
Screenshot 2025-05-13 091435
49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom
Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende