Weet die kiesers werklik waarvoor hulle stem?


Luister nou

Volgende

Weet die kiesers werklik waarvoor hulle stem?

Nuuskommentaar: 21 Mei 2024

Deur: Herman Toerien

Heelwat waarnemers het reeds in aanloop tot die komende nasionale en provinsiale verkiesing dit gestel dat baie Suid-Afrikaanse kiesers nie in die partye se beleid belangstel nie. Sommiges het selfs sover gegaan om hierdie oorwegende onkunde aan spesifieke rasse te koppel. Ander faktore bepaal nog meestal vir watter party hulle sal stem.

Die sensitiewe aard van hierdie vraag kan egter, in die belang van die ontwikkeling van ‘n behoorlike en werkende demokrasie, nie onder die mat ingevee word nie. Die beleidsonkunde of belangeloosheid is duidelik ook nie net ‘n Suid-Afrikaanse kwessie nie, en oorsee is daar verskeie inisiatiewe geloods om dit aan te spreek.

Maar alvorens die kwessie bespreek kan word, moet die vraag ook gevra word of kiesers altyd kry waarvan hulle goed weet, en voor stem? Politici wêreldwyd het immers nie ‘n algemene beeld van onberispelik betroubaar te wees nie. Selfs referendums oor bepaalde kwessies lewer nie altyd op wat die kiesers voor, of teen, gestem het nie. Ook in Suid-Afrika het ons voorbeelde: Met die referendum oor republiekwording kon die kiesers stem vir die behoud van die destyds bestaande bedeling, of onafhanklikheid binne die Statebond. Die kiesers het op laasgenoemde besluit, maar die republiek is buite die statebond uitgeroep. Daar was wel goeie redes voor, maar dis nie nou die vraag nie.

Met die referendum oor die drie-kamerparlement het opposisiepartye gewaarsku die regering gaan dit as ‘n ja-stem vir hervorming aangryp. Dit is soos klokslag dadelik en heftig deur die regering ontken, wat beklemtoon het dit gaan NET oor die drie-kamerparlement. Maar die stemme is skaars getel of dit word as ‘n ja vir hervorming beskryf.

Voor die aanbreek van die nuwe bedeling is dit baie duidelik, en herhaalde kere herhaal, dat die referendum net gaan oor voortgesette onderhandelinge. Weer is uit opposisiegeledere gewaarsku die regering gaan die ja-stem as ‘n ja vir hervormings beskou. Uiteindelik is selfs ‘n opvolgreferendum beloof waar weer gestem sal kan word, en die keer of dit wat onderhandel is, toegepas sou word. Die geskiedenis het ook hieroor geoordeel. Of die destydse regering in die praktyk ‘n keuse gehad het, is nie hier die vraag nie.

Indien kiesers nie werklik weet waarvoor hulle stem nie, plaas dit eintlik ernstige vrae oor hoe effektief die demokrasie self is.

Om die kompleksiteit van beleidskwessies sin te kan maak, het die media in België ‘n sogenaamd stemtoets ontwerp. Hierdie, en verbandhoudende inisiatiewe is veral op Vlaandere gerig.

Hierdie stemtoets het egter niks met die stemtoets te make wat voornemende nuuslesers en programaanbieders by radiostasies moet aflê nie – hier word die persoon se stembrief-stem getoets.

Kiesers is via die media opgeroep om die “stemtoets” aanlyn in te vul. In baie eenvoudige terme word die deelnemende partye se hoof-beleidstellings gelys sonder aanduiding van watter party watter beleidspunt steun. Die deelnemer stem dan vir die beleid waarmee hy self saamstem. Die proses word met verskillende beleidskwessies soos landbou, maatskaplike kwessies, immigrasie, gesondheid, onderwys en ander herhaal. Wanneer die vraelys voltooi en ingedien is, verwerk die blikbrein en bepaal watter party, beleidsgewys, die betrokke deelnemer se stem behoort te kry.

Daar is ‘n stap verder gegaan, en ook ‘n partyvergelyker ontwerp. Hiermee word meer in detail oor bepaalde beleidsaspekte en hul verskille tussen die partye, gekyk. Een van die kwessies wat, in die lig van hedendaagse verwikkelinge, soos verwag kan word, aandag kry, is hoe diversiteit hanteer moet word. Dit handel nie net oor ras, soos die immigrasie dit aan die kiesers opdwing nie, maar ook die sg lgbti-regte. Hierdie regte, gekoppel aan diversiteitsfaktore, kry die kleurryke naam van reënboogregte.

In nog ‘n inisiatief is ‘n vraelys ontwerp wat vir die deelnemer bereken hoe sy persoonlike ekonomiese situasie deur die beleid van elke party beïnvloed sal word. Die kiesers wat wil ryk word, kan dan bepaal watter party sy stem behoort te kry, en so ook die wat bloot maatskaplike sekuriteit verlang.

Uiteindelik sal kiesers dus vir beleidsrigtings stem, en nie vir partye nie. Partye se aandeel in die verkiesing word dan per rekenaar bereken. Die stelsel sal dan ook kan bepaal welke partye die naaste ooreenstem vir die vorming van koalisies.

In beginsel sal ‘n land se kiesers so ‘n regering kry wat hul eie oortuigings die beste ondervang. Die voorvereiste vir so ‘n stelsel is dat die kiesers voor die voet geletterd moet wees – iets wat nog lank nie in Suid-Afrika sal realiseer nie. ‘n Byvoordeel van so stelsel, waar dit sommer terselfdertyd as die verkiesing self sal dien, is dat stembriewe en baie van die huidige logistiek nie meer nodig sal wees nie. In beginsel sal die verkiesingsuitslae ook bekend kan wees wanneer die laste kieser gestem het, soos wat in Japan gebeur.

Maar ongelukkig is beleid nie al waaroor dit gaan nie. ‘n Party met die beste beleid, maar wat in korrupsie, onbevoegdheid en leuens gebaai is, verdien niemand se stem nie.

En dit is reg so – partye wat hard werk om steun te wen, verdien dit bo ‘n party wat agteroorsit en die blikbrein alleen die werk laat doen. Daar moet ook ‘n band tussen die regeerders en die kiesers wees – die kiesers is immers hul werkgewers en daarom is daar veronderstel om ‘n soort sosiale kontrak te bestaan. So kan verteenwoordigers aanspreeklik gehou word dat hulle hul kiesers dien, en nie andersom nie. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Weet die kiesers werklik waarvoor hulle stem?


Luister nou

Volgende