Luister nou

Voedselreuse dalk ondersoek oor hoë pryse

Deur Walter Ernst

Die Mededingingskommissie sê dat ’n ondersoek na oormatige prysverhogings dalk teen voedselprodusente en -kleinhandelaars ingestel kan word, wat hoër brandstofpryse as ’n verskoning gebruik om pryse hoog te hou.

Die kommissie se jongste verslag oor lewenskoste toon dat huishoudings met lae inkomstes steeds die swaarste getref word deur hoë pryse vir noodsaaklike goedere en dienste.

Die verslag, wat tydens die kommissie se konferensie ter viering van sy 20ste bestaansjaar vrygestel is, dui verder daarop dat die prys van noodsaaklike goedere en dienste – soos elektrisiteit, water, voedsel, vervoer en huur – steeds vinniger styg as lone en inflasie.

Sedert Julie verlede jaar het elektrisiteitspryse met 8,1% en water met 10,1% gestyg.

In die eerste helfte van hierdie jaar het petrolpryse met 26% gestyg, wat ’n taxitariefverhoging van 13% tot gevolg gehad het.

Dié hoër brandstof- en vervoerkoste, wat hoofsaaklik deur die konflik in die Midde-Ooste aangevuur word, het ook produksie- en verspreidingskoste verhoog, wat druk op die pryse van basiese goedere plaas.

Daarbenewens het pryse van draadlose internetdienste met 4,1% tussen Januarie en Julie gestyg, wat bo die algehele inflasie van 3,8% oor dieselfde tydperk is.

 

Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Ander Nuus Artikels

Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking
Fotokrediet: Marshall Security
Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Luister nou