‘n Video, wat glo aanvanklik in 2021 opgeneem is, het ‘n herrie op sosiale media veroorsaak nadat dit nou weer aan die lig gekom het.
Die kort video wys hoe foto’s van vier prominente politici aan die binnekant van vier urinale, binne ‘n restaurant in Sasolburg se badkamer, vasgeplak is.
Die voormalige president Jacob Zuma, huidige president Cyril Ramaphosa, die EFF-leier, Julius Malema en die voormalige minister, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se gesigte is binne in die urinale.
Caxton Network News berig dat ‘n werknemer van die restaurant glo die Menseregtekommissie daarvan ingelig het, en dat die persoon intussen uit sy/haar pos verwyder is.
Twee mans kan in die video gesien word en sê dan, “ons wil net vir julle wys dat ons vandag drink, met die parlement in ons midde.”
Die video het kritiek ontlok met talle politieke partye wat vra dat daar teen hierdie mans opgetree word.
Ook die burgemeester in die Metsimaholo-plaaslike munisipaliteit in Sasolburg, Jack Malindi het gesê die daad is “vernederend, verdelend en rassisties.” Hy sê hierdie tipe gedrag kan nie geduld word nie.
2 Responses
“Kill the boer kill the farmer”
Dis is erger. Dit is n vloek wat op boere uitgespreek word.
Dié, alhoewel afstootlik, is presies die weerspieëling van die politieke-emosie wat mense ervaar.
Minag en ongekende disrespek.
Ons is as kinders gestraf vir n leun.
My Pa het gesê: “ As jy jok gaan jy eendag steel en DAN…. Kan jy n moord pleeg.
Snaaks dat dit presies is wat gebeur oa by die ANC.
Moenie respek verwag as jy dit nie uitdeel nie.
Punt.
Dis binne ons konstitusie vervat… Hulle noem dit Vryheid van spraak.