Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Herstrukturering en Insolvensiepraktisyns sê daar sal met die betrokke owerhede geskakel word om te eis dat die veiligheid van regs- en insolvensiepraktisyns dringend ernstige aandag gegee word.
Dít volg op die sluipmoord op die 43-jarige insolvensieprokureur, Bouwer van Niekerk, wat by sy praktyk in Saxonwold, Johannesburg, doodgeskiet is.
Die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor polisie, Ian Cameron, het ook op die moord gereageer en gesê dit is onaanvaarbaar dat diegene wat korrupsie ondersoek deur sluipmoorde in die gesig gestaar word.
Die moord op Van Niekerk kom sowat twee jaar ná die sluipmoorde op die insolvensiepraktisyns, Cloete Murray en sy seun, Thomas.
Foto: Van Niekerk en sy pa, prof. Anton van Niekerk – Netwerk24