Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Trump nie eerste sluipmoord-poging op Amerikaanse president of presidentskandidaat nie

Nuuskommentaar: 15 Julie 2024

Deur: Herman toerien

Word daar na die lang lys van Amerikaanse presidente en presidentskandidate gekyk, wat deur sluipmoordernaars geteiken is, lyk dit amper of dit ‘n Amerikaanse stokperdjie moet wees om by wyse van spreke op hoë teikens aan te lê. Aan die ander kant, op die oomblik vind  skietvoorvalle, soos massaskieterye by skole, teen ‘n gemiddelde tempo van meer as een per week plaas.

Dit is duidelik dat die VSA met ‘n diepliggende probleem te make het. Daar is verskeie teorieë, soos die gemak waarmee burgers in veral sommige deelstate vuurwapens kan bekom. Dit sluit wapens in wat vir geen ander doel vervaardig is nie as om mense mee te skiet – soos wapens wat vir regte slagvelde bedoel is.

Die jongste voorval sal stellig daartoe lei dat die wetgewing rakende vuurwapenbesit herbesoek sal moet word, maar enige beplande aksie “weet ons byvoorbeeld gaan groot teenkanting kry”. Daar is ‘n beduidende opvatting oor wapenbesit wat kultiese kenmerke het, en waar die besit van ‘n vuurwapen as ‘n basiese mensereg, soos die reg op lewe, as fundamentele reg beskou word.

Die eerste president wat doodgeskiet ias, was die 16de president, Abraham Lincoln wat in 1865 tydens ‘n toneelopvoering in Washington DC gewond is, en die volgende dag gesterf het. Maar Lincoln was nie die eerste president op wie ‘n aanslag geloods is nie. In 1835 is gepoog om pres. Andrew Jackson te skiet, maar beide pistole waarmee die skieter probeer skiet het, het geweier.

Hierna is nog 11 presidente of presidentskandidate geteiken. Gerald Ford was selfs twee keer, net 17 dae uitmekaar onder skoot. Beide die skieters was vroue.

Nog een het oorleef toe die handgranaat wat na hom gegooi is nie ontplof het nie, en ‘n ander was ongeskonde nadat die persoon wat aan poging tot moord skuldig bevind is, op die Wit Huis geskiet het.

Seker een van die bekendste moorde was dié op die jeugdige John F. Kennedy in 1963. Hy het groot indruk gemaak toe hy ‘n jaar tevore die Kubaanse missielkrisis afgeweer het – ‘n groot oorwinning in die konteks van die Koue Oorlog wat toe momentum begin kry het. Sy entoesiasme het ook die Amerikaanse ruimteprogram, wat in daardie stadium ver agter dié van die Russe was, na die eerste plek help opskuif  en onder meer tot die eerste bemande maanlanding gelei het – al het hy dit nie self beleef nie.

In baie opsigte was die sluipmoord op Kennedy merkwaardig deurdat dit tot veel teorieë aanleiding gegee het, soos dat die regering die feit sou toesmeer dat hy twee keer vanuit verskillende hoeke getref is. Nog ‘n variasie was dat die komplot om hom te vermoor deur senior regeringssamptenare beplan is wat vanuit die hoek van die Koue Oorlog in Amerikaanse belang sou probeer optree het.

Die skieter wat pres. Lincoln doodgeskiet het is twee dae daarna opgespoor en doodgeskiet.

Die skieters van die tweede en derde moorde het beide die doodstraf ontvang. Ook die persoon wat in 1968 John F. Kennedy se broer, Robert F. Kennedy wat ‘n presidentskandidaat was, vermoor het, en aanvanklik die doodstraf opgelê is, se vonnis is egter tot lewenslank versag.

Die persoon wat pres. Ronald Reagan gewond het, is kranksinnig verklaar en is nie gevonnis nie.

Die jongste skietvoorval het nou, minstens tydelik, die aandag afgelei van die probleme met die Demokrate se kandidaat, pres. Joe Biden, wat kort-kort skynbaar breinfloutes kry. Volgens die jongste berigte is daar aanduidings dat die president vroeë simptome van Parkinson het. Hy is glo ook vroeër twee keer vir brein-aneurismes geopereer. Die huidige verkiesingsveldtog gaan heel duidelik erg ongewoon wees. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende