Luister nou

Trump-hulppakket aan Amerikaanse boere

Deur Pretoria FM Nuusspan

Walter Ernst

Die Amerikaanse president Donald Trump het ’n finansiële hulppakket van $12 miljard aan Amerikaanse landbouprodusente toegestaan.

Trump het gesê hy neem baie belangrike stappe om Amerikaanse boere te beskerm en te verdedig. Volgens hom is dié stappe nodig weens die skadelike gevolge van sy streng handelspraktyke, insluitend ’n geskil met Beijing, wat sojaboon-uitvoere benadeel het. Sojaboonpryse het skerp gedaal weens verminderde vraag.

Die $12 miljard – wat deur tariefinkomste gefinansier word – sal meestal uit eenmalige betalings aan gewasboere bestaan. Die Amerikaanse regering sal aanvanklik 11-miljard-dollar vrystel.

Trump se aankondiging oor landbouhulp kom te midde van toenemende ontevredenheid met sy ekonomiese beleid, veral oor tariewe en lewenskoste.

Fotokrediet: Chip Somodevilla/Getty Images

Gewilde Nuus

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Luister nou