Luister nou

Trump gaan aanvalle in Iran vir twee weke staak

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aangekondig dat hy beplande militêre aanvalle op Iran vir twee weke uitstel ná gesprekke met Pakistan se eerste minister, Shehbaz Sharif, en militêre leier Asim Munir.

Die uitstel is afhanklik daarvan dat Iran die Straat van Hormoez onmiddellik, volledig en veilig heropen.

Trump sê daar is reeds vordering gemaak met ’n moontlike vredesooreenkoms, en dat Iran ’n tienpunt-voorstel ingedien het wat as basis vir verdere onderhandelinge kan dien.

Iran het intussen aangedui dat hulle bereid is om hul militêre optrede te staak indien aanvalle teen hulle gestaak word, en dat veilige deurgang deur die Straat van Hormoez vir die volgende twee weke, onder sekere voorwaardes, moontlik sal wees.

Israel het ook ingestem om sy aanvalle teen Iran tydelik op te skort.

Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou