Marelize Maré
Die VSA president Donald Trump het Kuba gemaan om so gou as moontlik ‘n ooreenkoms met die VSA te bereik of die gevolge van sy versuim te dra.
Hy het op sy sosiale media platform, Truth Social, gewaarsku dat die vloei van Venezuela se olie en geld na Havana nou tot ‘n einde gaan kom.
Trump se opmerking volg nadat die VSA verlede week Venezuela se president Nicolas Maduro in ‘n weermag operasie in Caracas gevange geneem het en dosyne van die land en Kuba se veiligheidsmagte gedood het.
Trump het gister daarop gesinspeel dat die VSA se minister van buitelandse sake, Marco Rubio moontlik die president van die kommunisties-regeerde Kuba kan word.
Havana het sedert die jaar 2000 toenemend op Venezuela se olie staat gemaak, nadat ‘n ooreenkoms met Maduro se voorganger, Hugo Chavez, bereik is
Fotokrediet: MercoPress