Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

“The lady doth protest too much, me thinks”

Nuuskommentaar: 13 Mei 2024

Deur: Herman Toerien

“The lady doth protest too much, me thinks” is as uitdrukking veel bekender, as die oorspronklike konteks waarin Shakespear dit gebruik het. Maar dit kleef aan die gebruik daarvan omdat dit so dikwels ook op ander situasies van toepassing gemaak kan word – ook helaas in die politiek en hier te lande.

Seker die bekendste voorbeeld uit die huidige verkiesingsveldtog, oor die vlag-insident, was toe die Veelparty-handves ‘n versoek aan verskeie lande, waaronder die G7, gerig het om verkiesingswaarnemesr na die komende verkiesing te stuur. In die media het dit hoofsaaklik uitgekristalliseer as dat die DA so ‘n versoek, op sy eie, aan die VSA gerig het, sonder om eens die Veelparty-handves en die ander lande wat genader is, te noem.

Wanneer so ‘n storie skeefgetrek word, al is dit net ten dele, is daar motiewe daaragter. Die DA is die grootste party in die Veelparty-handves, en het ook die reputasie dat dit dikwels optree asof hy al party is wat saakmaak, ‘n grootboet-kwaal waarvan die DA ook nie maklik genees sal word nie. En wat, soos in die wantrouemosie wat die DA-burgemeester in die Drakenstein-munisipale raad op die lyf geloop het, op die party geboemerang het. Sowat ‘n derde van die DA-raadslede het die mosie gesteun, maar met die betrokkenheid van Helen Zille is die gediskrediteerde burgemeester in die Wes-Kaapse wetgewer, of te wel parlement, herontplooi. Die DA het erg in hoofartikels in die Paarl Post en ‘n groot Engelstalige dagblad deurgeloop, en Dawie van die Burger het ook nie die roede gespaar nie.

Die DA se optrede het egter ook skynbaar nie die dreinering van bruin stemme uit die party gestuit nie, as na die jongste tussenverkiesingsuitslae gekyk word.

Maar die versoek van die Veelartyhandves op van die sterkste demokrasieë in die wêreld om die verkiesing te monitor het ’n reuse ontploffing van vitrioel in die ANC tot gevolg gehad. Die versoek is so te sê as hoogverraad uitgekryt, nie net deur die ANC nie, maar verskeie bekende, maar ietwat omstrede politieke kommentators soos Max du Preez en Piet Croukamp. En vandaar die vegelyking met:  “The lady doth protest too much, me thinks.”

Die proteskoor was ook eenstemmig met die amptelike “nasionale konsensus” dat die OVK ‘n onkreukbare reputasie het. Dr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront-Plus het selfs weer die geval geopper oor waar sy party, volgens die amptelike uitslae, by een stempunt geen stemme gekry het nie, maar twee ondersteuners beëdigde verklarings afgelê het dat minstens hulle wel daar vir die party gestem het. Met elke verkiesing sedert 1994 was daar talle mediaberigte oor beweerde ongerymdhede. Daar was ook formele klagtes oor die OVK soveel lede van ‘n ANC-geaffilieerde onderwysvakbond as verkiesingspersoneel inspan.

Maar selfs al was alles te alle tye pluis rondom die OVK, gee die ANC self genoeg rede om te twyfel oor hoe skoon die verkiesings wel kon wees, en dit is weens die ANC se omarming van duidelik gekookte buitelandse verkiesingsuitslae. Dit is veral die uitslae in Zimbabwe wat in weerwil van gesaghebbende bewyse tot die teendeel, as vry en regverdig aanvaar word, en dan gevolg word deur die inhuldiging van die president of daar op de aarde niks skort nie. Dit maak nie saak of die waarnemerspan van die SAOG-lande, wat Suid-Afrika insluit, bevind het dat die verkiesing nié vry en regverdig was nie, en al het baie ander waarnemers dit ook uitgewys, Suid-Afrika, of eintlik die ANC het net niks fout daarmee gevind nie; die land met die sogenaamd wonderlike vry en regverdige verkiesing geluk gewens, en ja, die inhuldiging van die president amptelik gaan bywoon.

Dit eindig egter nie daar nie. Hoe vry en regverdig ‘n verkiesing plaasvind, word nie net bepaal deur wat in die stemburo en telsentrums gebeur nie. Dit hang ook af van hoe vry en regverdig ander partye kon deelneem en hul verkiesingsaamtrekke en ander politieke aktiwiteite kon uitvoer. Die verbod op politieke saamtrekke is gewoon nie in dieselfde woordeboek as die begrip vry en regverdig nie. Persvryheid is ook ‘n belangrike onderdeel.

Maar vir al die onaanvaarbaarhede hou die regering die skyn voor dat alles wonderlik afgeloop het. Die internasionale mediawaghond, Verslaggewers sonder Grense het verslae die lig laat sien waar met jota en titel bewyse geplaas is van hierdie vergrype in Zimbabwe.

So erg, dat verskeie ontleders in Suid-Afrika daarop gewys het dat dit ‘n skadu gooi oor de ANC se eie verbintenis oor vry en regverdige verkiesings, En veral wat gaan gebeur as die ANC die gevaar loop om nie die grootste aandeel van die stemme te trek nie. En volgens peilings het die land nou hierdie situasie bereik. Waarskuwingstekens is daar ook, soos ‘n boodskap van pres, Ramaposa aan de ANC se NUK dat toegesien moet word dat alle middele ingespan moet word om die party se saak te bevorder. In die praktyk is gesien hoe die minister van polisie, geklee in ‘n ANC-T-hemp met ‘n polisiehelikopter by ‘n groot ANC saamtrek aangevieg gekom het. Dit het saamgeval met die gebruik van die president se instaan-amptelike straler as gratis taxi om ANC-gaste na die saamtrek in Mpumalanga aan te karwei. Hierdie vergrype sou darem versag kan wees as die Openbare Beskermer voor die verkiesing bevindinge hieroor bekend sou maak. Maar moenie die asem hieroor ophou nie.

Die spreekwoordelike kersie op die koek is toe aangekondig is dat die regerende Zanu-PF van Zimbabwe by die Suid-Afrikaanse verkiesing teenwoordig sal wees. Toe die storm losbars is teruggekrabbel dat hulle nie waarnemers sal wees nie, maar gaste. Zanu_PF is as die ANC se susterparty beskryf – iets wat werklik onheilspellend klink. Dit sou versag kon word deur te verduidelik dat Zanu-PF nou eerstehands sal kan ervaar hoe ‘n vry en regverdige verkiesing werk, maar iemand wat dit verwag gaan baie lank wag.

En net so ‘n kantaantekening, die regering het binne enkele weke voor die verkiesing die staatsbefondsingmodel vir politieke partye so gaan verander dat die ANC nou die leeue-aandeel daarvan gaan losslaan. Dit druis in teen die internasionale demokratiese norme wat verwag dat diversiteit van oortuigings deur veelparty-demokrasie bevorder moet word. Verslaggewers sonder Grense penaliseer selfs lande waar die privaat media nie hierdie doel nastreef nie.

Selfs al sou hierdie verkiesing nou seepglad en vry en regverdig verloop, is daar genoeg gedoen om die saad van bedenkinge te saai. Dit kan wel besweer word as elke kieser sy oë wawyd oophou, en dan kan verklaar alles was pluis.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GpIRgvQWUAAJIpG

DA, EFF se aansoek oor BTW-verhoging vandag aangehoor

Old,And,Young,Person,Holding,Hands.,Elderly,Care,And,Respect,

Maatskaplike dienste “misluk” weens onreëlmatige besteding

Go6hdNIX0AAO0Ry

Herstelwerk by Tembisa-hospitaal sal nie vinnig kan begin nie

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9

Die MK-party besoek Kleinfontein

Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)

Pous Franciskus sterf

Ander Nuus Artikels

GpIavQ2WsAAYfFl
EFF-lede betoog oor Orania
E
Die EFF sê “ryk mense moet belas word” eerder as ‘n BTW-verhoging
MK
“Bestaan van kultuurgemeenskappe soos Kleinfontein moet erken word”
GpIRgvQWUAAJIpG
DA, EFF se aansoek oor BTW-verhoging vandag aangehoor
Old,And,Young,Person,Holding,Hands.,Elderly,Care,And,Respect,
Maatskaplike dienste “misluk” weens onreëlmatige besteding

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende