Middag saam met Heinrich Marnitz

Sondae
15:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Suid-Afrika se politieke leierskap ly aan ernstige morele bankrotskap

Nuuskommentaar: 14 September

Deur: Jan Bosman

Kernwaardes wat  suksesvolle en vooruitstrewende lande rig

“Suid-Afrika word toenemend gedefinieer deur gedeelde waardes, wat die basis vorm van die herskikking wat onvermydelik gaan kom.”  Beeld se redakteur Barnard Beukman skryf so in ʼn omvattende artikel “Eenheid met rampokkers” op 8 September 2021.

Dit is duidelik dat algemene weerstand aan die opbou is oor die onverantwoordelike wyse waarop leierselemente in die ANC nou vir baie jare met die grondwet, die mense van die land en die toekoms van Suid-Afrika omgaan.

Nie net het ons te veel politieke leiers wie se integriteit dikwels veel te wense oorlaat nie maar sê Prof Willem Landman “Daar is te veel mense in besluitnemingsposisies onder die politieke topbestuur sonder ʼn morele kompas, of het hulle private agendas ingeklee deur eiebelang.”

Dit is opmerklik hoe al hoe meer kommentators, joernaliste en selfs voormalige vryheidsvegters hulself al hoe meer uitspreek teen die huidige vergrype. In ons rampokkerstaat is ons al vuisvoos geslaan deur korrupsie wandade, misdaad en ʼn verval in wet en orde. Ons is egter ewe vuisvoos vir beloftes en nogmaals beloftes van politici wat plegtig onderneem om korrupsie hok te slaan, maar hulle aksies spreek van die teendeel.

Dr Jeanette de Klerk-Luttig, opvoedkundige van Stellenbosch het al dikwels geskryf en gepraat oor die behoefte aan ‘n waardegedrewe samelewing in Suid-Afrikaen het sy beklemtoon dat navorsing toon dat die sukses van ‘n land nie van die ouderdom van die land, of van die natuurlike hulpbronne beskikbaar  of van ras of velkleur  van die mense afhang nie.  Sy het gesê die navorsing bevestig dat die welsyn van ‘n samelewing afhang van beginsels/kernwaardes  en ingestelheid van die mense wat oor tyd deur opvoeding in ‘n bepaalde kultuur gevorm word. Sy het toe voorgegaan en die beginsels of kernwaardes uitgelig wat suksesvolle en vooruitstrewende lande rig. Dit is beginsels of kernwaardes soos:

  • integriteit, etiese, korrupsievrye optrede,
  • respek vir reëls en regulasies en die regte van ander,
  • verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid en die wil om verantwoordelikheid vir jou toekoms te aanvaar,
  • ‘n kultuur van hardwerkendheid, werkstrots en spaarsamigheid; en,
  • Gedissiplineerdheid, selfdissipline en stiptelikheid.

Ons kan elkeen van hierdie waardes ontleed en Suid-Afrika se ernstige tekortkominge en soms die totale gebrek aan enige beginsels aandui. Dit is egter al tot vervelens toe gedoen. Dit herbevestig egter net dat ons politieke leiding hulle nie steur aan die suksesverhale van ander lande en eerder hulle heil soek in al die kenmerke van ʼn rampokkerstaat. 

Miljoene Suid-Afrikaners, wit, swart, bruin en Indiër omarm egter die bogenoemde waardes en dit is hierdie breë kern van Suid-Afrikaners wat ons demokrasie staande sal hou. Daar rus dus ‘n plig op elke Suid-Afrikaner, maak nie saak in watter gemeenskap hy of sy hulself bevind nie, of vir watter party hulle ondersteun nie, om hierdie waardes te bevorder en te beskerm.  Ons uiteindelike oorlewing berus by dié gematigde Suid-Afrikaners, wat die meerderheid van ons bevolking uitmaak, wat self wil droom en self ons gemeenskaplike ideale wil verwesenlik en nie ‘n party of regering gaan toelaat om dit namens hulle te doen nie.

As ons kyk na die kernwaardes wat  suksesvolle en vooruitstrewende lande rig, dan ly Suid-Afrika se politieke leierskap aan ernstige morele bankrotskap. Om stil te bly, is geen opsie nie. Die burgerlike samelewing ons media, organisasies, die opposisie en ander instellings het ʼn kritieke rol om te speel in die bevordering van ʼn waardestelsel wat ʼn goeie en regverdige samelewing sal help bou. Dit is deel van die “herskikking wat onvermydelik gaan kom.”

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

490680875_3643518662459829_7446549436871041958_n

Pretoria-man se liggaam in Diepsloot gevind

Classroom,Of,The,School,Without,Student,And,Teacher

Studie: Al hoe meer onderwysers tree vroegtydig af

Red mark on the calendar at January 2025

Ekstra skoolvakansie op pad weens nasionale vakansiedae

Internasionale perspektief

Internasionale perspektief: Hoe om Trump 2.0 te verstaan

Carel Boshoff

NUUSWEEK: FAK-voorsitter verwerf doktorsgraad

Ander Nuus Artikels

GoWjNLwWkAATPA2
Lugmag soek sy vliegtuigdeur
Julius-Malema6
“Trump wil G20-beraad misloop omdat hy homself verneder het met tariefverhogings,” meen Malema
490718493_966830712291039_3031033673762599941_n
Vlieënier dood toe vliegtuig in die Boschkop-omgewing neerstort
490680875_3643518662459829_7446549436871041958_n
Pretoria-man se liggaam in Diepsloot gevind
Classroom,Of,The,School,Without,Student,And,Teacher
Studie: Al hoe meer onderwysers tree vroegtydig af

Middag saam met Heinrich Marnitz

Sondae
15:00 - 16:00

Luister nou

Volgende