21 Julie 2022
Theuns du Toit, die student wat daarvan beskuldig word dat hy op 15 Mei vanjaar op ‘n mede-koshuisinwoner aan die Universiteit Stellenbosch se rekenaar geurineer en rassistiese uitlatings gemaak het, is permanent uit dié instansie geskors.
‘n Video van die voorval is wyd op die sosiale media versprei.
Die besluit is onmiddelik van krag en beteken dat Du Toit nie mag terugkeer koshuis toe nie en ook nie sy studies voortsit nie.
Volgens Du Toit se regsverteenwoordiger, William Fullard, is hulle teleurgesteld in die beslissing van die sentrale dissiplinêre komitee en het hy reeds instruksie ontvang om teen die beslissing te appelleer.
Die tugkomitee het toegegee dat die slagoffer, Babalo Ndwayana se weergawe oor wat gesê is nadat die video-opname beëindig is, begin verskil het namate die tyd na afloop van die voorval aangestap het.