Luister nou

SOE: Eskom-werknemers manipuleer glo verkrygingsprosesse

Deur Pretoria FM Nuusspan

13 Februarie 2025

Die Spesiale Ondersoekeenheid sê hy het ‘n bedrogspul blootgelê waarin Eskom-werknemers verkrygingsprosesse gemanipuleer het om meer as R1-miljard te steel.

Dit is gedoen deur van kleiner kontrakte gebruik te maak wat nie aan geweldige streng oorsig gekoppel is nie. Hierdie beweerde ongerymdhede is in die omstrede Fivaz-ondersoek uitgelig.

Volgens die SOE se Andy Mothibi was sommige bestuurders en senior amptenare by die kragvoorsiener aandadig hieraan.

Mothibi het aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (SKOOR) gesê dat sommige transaksies na-ure gedoen is om die opsporing daarvan te bemoeilik. Volgens die SOE is hierdie kleiner kontrakte misbruik vir korrupte aktiwiteite.

Tot op datum kon die ondersoekeenheid 35 Eskom werknemers identifiseer wat R180-miljoen in gunslone ontvang het.

Mothibi wou nie voor SKOOR sy mening lewer oor of die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, reg of verkeerd opgetree het deur die Fivaz-ondersoek te laat doen nie, maar het wel gesê dat die ondersoek nie self deur Eskom se direksie goedgekeur is nie.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Suliman Carrim

Suliman Carrim uit op borgtog

Fotokrediet: Polity

Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Fotokrediet: WUNC

Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Ander Nuus Artikels

Nhlanhla Mkhwanazi
Mkhwanazi binnekort nuwe hoof van die Valke
Fotokrediet: The North Africa Post
Solidariteit voer samesprekings met die Withuis oor Agoa
Israel verkiesing - Alhurra
Israel se verkiesing eindig in dooiepunt
Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Luister nou