Luister nou

Ses Suid-Afrikaners steeds soek in Nepal

Deur Marelize Maré

Die noodlenigingsorganisasie, Gift of the Givers het bevestig dat ses Suid-Afrikaners steeds vermis word ná die verwoestende oorstromings in Nepal.

Die ses het vermoedelik as toeriste in die gebied gereis wat deur die ramp getref is.

Honderde mense is dood en talle ander word steeds vermis.

Gift of the Givers het ’n soek-en-reddingspan gereed, maar Nepalese owerhede het die organisasie gevra om voorlopig nie te ontplooi nie weens gevaarlike weerstoestande.

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het ook die Nepalese regering genader om te help met die opsporing van die vermiste Suid-Afrikaners.

Gift of the Givers se uitvoerende hoof, Imtiaz Sooliman, sê die families van al ses die vermiste Suid-Afrikaners is geïdentifiseer en foto’s van hulle word plaaslik in Nepal versprei.

Gewilde Nuus

Polisiebeamptes

Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is

Sakekamer

Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

AfriForum

Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Internasionale Perspektief nuut

Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Nie almal is swemmertjies nie!
Tempo
Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?
Dr.-Theo-de-Jager-2
Saai: Privatiseer Onderstepoort Biologiese Produkte
Polisiebeamptes
Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is
Sakekamer
Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

Luister nou