Marelize Maré
Suid-Afrika het die G20-presidentskap aan ‘n junior diplomaat van die VSA oorhandig.
Dít volg nadat die Withuis die G20-leiersberaad in die land geboikot het na bewerings dat daar volksmoord op wit Suid-Afrikaners plaasvind.
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê die G20-presidentskap is tydens ‘n stil byeenkoms aan die diplomaat, David Greene, in Pretoria oorhandig.
Die oorhandiging volg ná dae van diplomatieke spanning oor die vlak van Amerika se verteenwoordiging by die leiersberaad wat die afgelope naweek in Johannesburg aangebied is.
Die Suid-Afrikaanse regering het geweier om die oorhandiging tydens die beraad te doen en het aangevoer dat dit teen protokol indruis om dit aan ‘n junior diplomaat te oorhandig.
Die VSA se G20-presidentskap begin op 1 Desember.