6 November 2024
Suid-Afrika mag dalk binnekort vaarwel toewens vir sy 10111 noodnommer.
Die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Solly Malatsi het voorgestel dat die polisie-, ambulans- en die noodnommers vir die Tshwane en Kaapstad metros uitgefaseer word.
Malatsi stel voor dat slegs een noodnommer gebruik moet word, naamlik 112.
Volgens statistiek wat deur die voormalige minister van polisie, Bheki Cele verskaf is, is 14,9 miljoen noodoproepe, tussen 2019 en Mei 2024, nie beantwoord nie.
Dit omdat daar glo nie genoeg personeel in die verskeie oproepsentrums aangestel is nie.
Die voorstel van een nasionale nommer is op 1 November in die staatskoerant gepubliseer, en die publiek het kans om kommentaar te lewer tot die einde van die maand.