Luister nou

SA Bakkie en SNV Fees gaan weer brul

Deur Redaksie

Die SA Bakkie en SNV Fees vind weer die naweek van 21 tot 23 Augustus plaas by Sondela Nature Reserve & Spa naby Bela-Bela. Dit bestaan uit ’n lekker kampeernaweek, en aktiwiteite en uitstallings sal op 21 en 22 Augustus plaasvind met ’n lekker Sondela-buffetontbyt voor almal die Sondag huiswaarts keer.

Die geleentheid, wat vir die eerste keer in 2024 plaasgevind het, se hoofdoel is om te kyk hoeveel bakkies ons op een dag op een terrein bymekaar kan kry en watter vervaardiger gaan koning kraai!  Die geleentheid sluit ook SNV’s van alle fabrikate in! Die geleentheid is geskoei op die baie suksesvolle Land Cruiser Fees wat hierdie jaar weer by Sondela aangebied is en ’n rekordgetal Cruisers van 563 voertuie gelok het.  Ons het geluister en aan almal wat bakkies en SNV’s besit die kans te gee om te kom deel in die pret en plesier – Land Cruisers natuurlik ook weer welkom, maar dié een is oop vir alle fabrikate van bakkies en SNV’s en is heeltemal gesinsvriendelik.

Saam met die geleentheid kom daar natuurlik baie pret en vermaak, soos onder andere buiteleweprodukuitstallers, ’n kunsmark, kindervermaak, Ketelkraal-kroegfasiliteite, Jimmy’s Sauces-kunstenaars, Sondela-wildbesigtigingsritte, 4×4-ritte, warmwaterswembaddens en spa-fasiliteite. Een van die hoogtepunte is sekerlik die LA Sport Pretoria Action Arena, waar geregistreerde bakkies en SNV’s mekaar die stryd aansê met die baie gewilde grondpad-versnelwedrenne, moddergate en heuwelklim.

Die groot rugbytoets tussen SA en NZ sal ook Saterdag vanaf 17:00 vertoon word, en daar is dus geen rede om vroeg huis toe te gaan nie!

Verskeie akkommodasie-opsies is beskikbaar – Sondela Oord-akkommodasie en ons eie boskampering (slegs vir geregistreerde deelnemers) – alles beskikbaar op ons webwerf by www.ekspo.co.za.

Uitstaller- en verkopernavrae kan gerig word aan Tersia by [email protected], of skakel haar sommer by 072 487 0000.

Bakkie en SNV-eienaars wat hulle voertuie wil registreer om deel te neem aan die dag en ook gebruik wil maak van ons boskampering, kan ook www.ekspo.co.za besoek en die aanlyn registrasievorm invul. Kostes is uiters billik – dit beloop slegs R250 om jou bakkie of SNV te registreer met 4 persone in. As daar gebruik gemaak word van die naweek se boskampering (wat ablusies insluit maar geen krag nie), beloop die koste R850, wat die registrasiekoste insluit.

Borge- en medianavrae kan gerig word aan Marius by [email protected].

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/08/NUUSWEEK-Uitgawe-79-14-Aug-2026-1.pdf

 

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026
Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Luister nou