Luister nou

“Rondskuif van Afrikaanse SAUK TV-nuus lyk desperaat, maar ondeurdag”

Deur Pretoria FM Nuusspan

AfriForum sê die nuutste verskuiwing van Afrikaanse TV-nuus, op die SAUK, lyk na ondeurdagte en benoude spronge.

Die kommentaar kom na ‘n radio-onderhoud vanoggend op RSG met die Afrikaanse TV-nuusbulletinredakteur, Daniëlle Wass. Sy het ondermeer aangekondig dat die nuwe tydsgleuf op weeksaande van 17:30 tot 18:00 op S3 (voorheen bekend as SABC3) sal wees, en oor naweke van 19:30 tot 20:00.

AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey sê die organisasie waarsku die SAUK reeds lankal dat die skuif van uitsaaitye en verandering van kanale kan lei tot ‘n verlies aan kykers en advertensie-inkomste.

“Volgens Wass is die skuiwe van die afgelope jare nie deur deeglike marknavorsing voorafgegaan nie. Dit is ondenkbaar dat wanneer ’n instelling só afhanklik van inkomste is soos wat die SAUK is, drastiese skuiwe geneem word sonder begronde motivering,” sê Bailey.

AfriForum het reeds op 9 April ’n formele aansoek ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) aan die SAUK gerig om antwoorde oor die toekoms van Afrikaanse TV-nuusuitsendings te eis.

Volgens Bailey het die organisasie nog nie reaksie op hul aansoek ontvang nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou