Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Reusagtige ondergrondse oseaan onder Mars se oppervlak ontdek

Nuuskommentaar: 14 Augustus 2024

Deur: Herman Toerien

‘n Reuse, ondergrondse, vloeibare oseaan wat die ganse Mars twee kilometer onder water sou laat as dit op die oppervlak was, is deur navorsers by drie Kaliforniese universiteitskampusse ontdek.

Die data wat ontleed is, is van die InSight-landingstuig op Mars ontvang. Die tuig het reeds in 2022 onklaar geraak na dit in 2018 gelanseer is. ‘n Groot verskeidenheid data wat veral op die seismiese aktiwiteite op die Rooi Planeet gerig was, is egter ontvang en sedertdien ontleed.

Die tuig was dus uitstekend toegerus om navorsing te doen oor wat ondergronds op Mars aan die gang is. Die belangrikste was dat vasgestel is dat Mars nog seismies aktief is, en die manier waarop die seismiese golwe ondergronds deur verskillende rotslae, krake en water beïnvloed word kon ontleed word.

Die probleem is dat, vir die huidige in elk geval, die ondergrondse oseaan vir die doeleindes van menslike aktiwiteite op Mars onbereikbaar is. Die vlakste wat die water aangetref kan word, is 11 kilometer. Op die oomblik bestaan geen toerusting op aarde wat so diep kan boor nie. Die Russe het egter ‘n gat van meer as 12 000 meter diep gemaak. Dié diepte is in 1989 behaal maar boorwerk moes gestaak word oor die enorme hitte en hardheid van rotse.

Verskeie ander belowende aanduidings van ys op Mars wat heelwat vlakker is, is reeds gemaak. Daar is ook ‘n meer in ‘n krater ontdek wat ongeveer 35 kilometer in deursnee is. Die diepte van die ys, wat waarskynlik nie alles waterys is nie, is sowat 200 meter, maar wetenskaplike meen dit word deels deur duine onder die oppervlak opgemaak.

Die vonds van die oseaan, dui moontlik daarop dat Mars se water, wat eens indrukwekkende rotsformasies op die oppervlak gekerf het, nie noodwendig alles saam met die atmosfeer verdwyn het, toe dit deur die sonwinde weggewaai is nie.

https://www.esa.int/Science_Exploration/Space_Science/Mars_Express/Water_ice_in_crater_at_Martian_north_pole

Liquid ocean discovered beneath Mars surface (msn.com)

Foto: SkyNews

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Ander Nuus Artikels

arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende