Luister nou

RDK vra Ramaphosa om Oos-Kaapse regter-president te skors

Deur Walter Ernst

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) het president Cyril Ramaphosa eenparig versoek om die Oos-Kaapse regter-president, Selby Mbenenge, te skors.

Dit volg ná ’n bevinding van growwe wangedrag teen Mbenenge, en kom terwyl die parlement voorberei om verrigtinge te oorweeg wat uiteindelik tot sy verwydering uit die amp kan lei.

Mbenenge is vroeër vanjaar is onskuldig bevind aan growwe wangedrag ná bewerings van seksuele teistering, wat verband met seksueel eksplisiete materiaal wat hy glo tussen 2021 en 2022 aan ’n hooggeregshof-sekretaresse, Andiswa Mengo, gestuur het.

Volgens die RDK is die besluit daarop gemik om die integriteit en geloofwaardigheid van die regbank te beskerm.

“Die skorsing dien nie as strafmaatreël nie, maar as ’n voorsorgmaatreël om die integriteit, waardigheid en openbare vertroue in die regbank te beskerm, terwyl die grondwetlike proses sy gang gaan,” sê die RDK in ’n verklaring.

Mbenenge het die skorsing egter teengestaan en aangevoer dat hy reeds op spesiale verlof is wat deur die Hoofregter goedgekeur is en dus geen regterlike pligte uitvoer nie.

Hy het ook aangevoer dat sy aansoek om die RDK se bevinding van growwe wangedrag te hersien, afgehandel moet word voordat enige skorsing oorweeg word.

Die RDK se aanbeveling is na Ramaphosa verwys, waarna hy ’n besluit sal neem oor Mbenenge se formele skorsing, hangende die uitslag van die parlementêre verwyderingsproses.

 

Gewilde Nuus

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ad hoc - IOL

Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Fotokrediet: Groundup

SASSA funksioneer met net 44%

Ander Nuus Artikels

Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere
Lynnwood padwerke - The Citizen
Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande
Guptas
Gupta-broers steeds gesoek

Luister nou