Luister nou

RDK vra Ramaphosa om Oos-Kaapse regter-president te skors

Deur Walter Ernst

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) het president Cyril Ramaphosa eenparig versoek om die Oos-Kaapse regter-president, Selby Mbenenge, te skors.

Dit volg ná ’n bevinding van growwe wangedrag teen Mbenenge, en kom terwyl die parlement voorberei om verrigtinge te oorweeg wat uiteindelik tot sy verwydering uit die amp kan lei.

Mbenenge is vroeër vanjaar is onskuldig bevind aan growwe wangedrag ná bewerings van seksuele teistering, wat verband met seksueel eksplisiete materiaal wat hy glo tussen 2021 en 2022 aan ’n hooggeregshof-sekretaresse, Andiswa Mengo, gestuur het.

Volgens die RDK is die besluit daarop gemik om die integriteit en geloofwaardigheid van die regbank te beskerm.

“Die skorsing dien nie as strafmaatreël nie, maar as ’n voorsorgmaatreël om die integriteit, waardigheid en openbare vertroue in die regbank te beskerm, terwyl die grondwetlike proses sy gang gaan,” sê die RDK in ’n verklaring.

Mbenenge het die skorsing egter teengestaan en aangevoer dat hy reeds op spesiale verlof is wat deur die Hoofregter goedgekeur is en dus geen regterlike pligte uitvoer nie.

Hy het ook aangevoer dat sy aansoek om die RDK se bevinding van growwe wangedrag te hersien, afgehandel moet word voordat enige skorsing oorweeg word.

Die RDK se aanbeveling is na Ramaphosa verwys, waarna hy ’n besluit sal neem oor Mbenenge se formele skorsing, hangende die uitslag van die parlementêre verwyderingsproses.

 

Gewilde Nuus

Boer tot bord

Die toekoms van die boer na die bord

Untitled design (26)

Kom kyk hoe word ’n RWB Porsche gebou

Untitled design (27)

Druppels word strome, strome word riviere: KragDag 2026 bou momentum

Untitled design (25)

Naboomspruit gaan DorpToe!

Untitled design (23)

Wie is Brittanje se nuwe eerste minister?

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Moneyweb
Munisipaliteite skuld Eskom baie
Fotokrediet: Netwerk24
VSA staak aanvalle op Iran
Boer tot bord
Die toekoms van die boer na die bord
Untitled design (26)
Kom kyk hoe word ’n RWB Porsche gebou
Untitled design (27)
Druppels word strome, strome word riviere: KragDag 2026 bou momentum

Luister nou