13 November 2024
President Cyril Ramaphosa sal die land na verwagting hierdie week toespreek oor die regering se planne om die vlaag sterftes wat met voedselvergiftiging verband hou, hok te slaan.
Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het dit vroeër vandag bevestig, hoewel sy nie ‘n spesifieke datum kon verskaf nie.
Dit volg nadat verskeie kinders regoor die land die afgelope weke siek geword het, nadat hulle na bewering besmette versnaperinge, en kos geëet het wat by spazawinkels of straatverkopers gekoop is.
Dit het gelei tot die hospitalisasie van meer as 200 leerlinge, terwyl 23 dood is.
Dit het ernstige kommer laat ontstaan oor die regulasies en ordonasies rakende die winkels, waarna die meeste ouers gevra het dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ontplooi word om in te gryp.
Volgens Ntshavheni is daar in hierdie stadium egter geen planne om die weermag by spaza-winkels te ontplooi nie.