President Cyril Ramaphosa sal vandag sy getuienis by die Kommissie van ondersoek na staatskaping voortsit.
Hy het gister aan die kommissie gesê dat hy en ander kabinetsministers in die duister gehou is oor oudpresident Jacob Zuma se staatskapingsaktiwiteite, en dat dit met opset gedoen is.
Hy het eers bewus van die aktiwiteite geword toe dit deur die media op die lappe gebring is.
Ramaphosa sê toe hy bewus word van wat Zuma en die Guptas mee besig is, het hy besluit om aan te bly as adjunkpresident, sodat hy staatskaping van binne die uitvoerende gesag, en van binne die ANC kon beveg.