Luister nou

R20 miljoen se kokaïen in Midrand ontdek

Deur Pretoria FM Nuusspan

’n Misdaadintelligensiegedrewe operasie het gelei tot die ontdekking van kokaïen ter waarde van R20 miljoen op ‘n kleinhoewe in Midrand.

Die polisie sê die klopjag is gister uitgevoer nadat ‘n wenk oor die dwelms opgevolg is.

Die span het lede van die Gautengse Georganiseerde Misdaad-eenheid, die Johannesburgse polisie se honde-eenheid en die plaaslike Misdaadrekordsentrum ingesluit.

’n 56-jarige man is in hegtenis geneem nadat die polisie 80 kilogram se kokaïen ontdek het.

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die dwelms vanuit ‘n buurland na Suid-Afrika gebring is en vir Kaapstad bestem was.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Brandstof

Godongwana kondig verligting by die pompe aan

Fotokrediet: Vecteezy

Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: BusinessTech
eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban
ekonomie - Pretoria FM
Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer
Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting

Luister nou