Luister nou

Polisie begin met ondersoek na Standard Bank-werknemer van sesde verdieping val

Deur Pretoria FM Nuusspan

14 Oktober 2024

Die polisie het met ‘n ondersoek begin nadat ‘n werknemer van Standard Bank na haar dood geval het van die sesde verdieping van dié bankgroep se hoofkantoor-gebou in Rosebank, Johannesburg.

Die voorval het verlede Maandagmiddag plaasgevind. Volgens die bank se woordvoerder, Ross Linstrom het die mense wat nou saam met haar gewerk het, reeds berading ontvang.

Volgens verskeie berigte het die werknemer glo in die weke voor haar dood met kollegas gepraat oor haar geestesgesondheid.

Die polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel, Mavela Masondo sê ‘n geregtelike doodsondersoek word gedoen. Linstrom sê Standard Bank gee sy volle samewerking met die ondersoek.

Die vrou se identiteit is nog onbekend.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Fotokrediet: Facebook

Iran is versigtig vir die VSA se aanval

Airlink-verbyvlug

BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem
Fotokrediet: Freedom Front Plus
Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit
DNS-toetse
Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Luister nou