Luister nou

“Plaasmoorde en uitsprake oor uitwissing wys dat volksmoord reeds in SA begin het”

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die VF Plus meen “daar is reeds duidelike tekens dat ’n volksmoord op wit boere in Suid-Afrika besig is om te ontvou.”

Die VF Plus-LP, dr. Wynand Boshoff het in die Nasionale Vergadering verwys na Genocide Watch, ‘n internasionale organisasie wat verwikkelinge wêreldwyd dophou om betyds teen dreigende volksmoord te waarsku. Hulle identifiseer volgens Boshoff 10 kenmerke van volksmoord, waarvan slegs die negende uitwissing behels.

Volgens dié organisasie bevind wit boere hulle tans in fase ses – polarisering.

Hierdie fase word, volgens Genocide Watch, gekenmerk deur haatspraak, verdelende propaganda, die ontwapening van die geteikende groep, en wetgewing wat selfverdediging bemoeilik. Boshoff sê voorbeelde hiervan sluit in die voortdurende plaasmoorde, die afskaffing van die kommando-stelsel in 2003, en die onlangse konsepregulasies wat die gebruik van vuurwapens deur sekuriteitsmaatskappye sal beperk.

Hy verwys ook na polariserende uitsprake soos “Kill the Boer”, wat nie deur president Cyril Ramaphosa veroordeel word nie.

Boshoff meen die president dra self by tot verdeling wanneer hy in die konteks van grondhervorming uitsluitlik van “ons mense” praat, sonder om die hele bevolking in ag te neem.

 

One Response

  1. Hier is ‘n voertuig wat plase besoek met EFF lede in van vrouens en mans. Hulle praat met arbeiders en vra uit oor die eienaars van plase en waar hulle hulle bevind , maar soek nie die eienaar self op nie. Hulle het dokumente by hulle wat voltooi word met inligting wat hulle kry en vertrek dan weer na ‘n ander plaas. My werkers het my ingelig

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou