Luister nou

Pieter Cloete sluit aan by Pretoria FM se naweekspan

Deur Pretoria FM Nuusspan

Vanaf 5 April sal luisteraars van Pretoria FM op ‘n Saterdagmiddag ‘n nuwe stem hoor wanneer Pieter Cloete agter die mikrofoon inskuif. Cloete, ‘n bekende mediapersoonlikheid met meer as 16 jaar se ervaring, bring ‘n vars stem en sy besondere menslike aanslag na die stasie.

Hy sal elke Saterdag van 11:00 tot 16:00 luisteraars vermaak met ‘n mengelmoes van topmusiek, interessante gesprekke en die unieke warmte waarvoor hy bekend is.

“Ek is ongelooflik opgewonde om by Pretoria FM aan te sluit en my passie vir radio en musiek met hierdie dinamiese span te deel,” sê Cloete. “Dit is ‘n groot voorreg om my stem te gebruik om ‘n diverse luisteraarsgemeenskap te inspireer en te vermaak.”

Hy het ‘n indrukwekkende agtergrond in die mediawêreld. Cloete was voorheen ‘n musieksamesteller en omroeper by GROOTfm 90.5 en Knysna FM, asook ‘n vervaardiger van verskeie radioprogramme. Hy is tans die videovervaardiger by Maroela Media en besig met sy meestersgraad in Media en Joernalistiek aan die Universiteit van die Witwatersrand.

Met sy kreatiwiteit, ervaring en passie vir die radiowese, beloof Pieter Cloete se Saterdagprogram om ‘n opwindende toevoeging tot Pretoria FM se programskedule te wees.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou