Luister nou

PHSG: Ondersoekspan beveel aan dat hoof, adjunk van wangedrag aangekla word

Deur Pretoria FM Nuusspan

4 November 2024

‘n Prokureursfirma, Mdladlamba Attorneys, het in ‘n verslag oor sy ondersoek na ‘n sogenaamde kultuur van rassisme by die Pretoria High School for Girls aanbeveel dat die skoolhoof, adjunkhoof en die menslike hulpbronbestuurder van wangedrag aangekla word. 

Dié firma is deur die Gautengse onderwysdepartement aangestel om talle bewerings van rassisme by die skool te ondersoek. Dit het begin by ‘n WhatsApp-groep waarop 12 wit meisies glo hulle swart mede-leerlinge bespreek het.

LEES OOK: Girls High: Adjunkhoof uit pos verwyder oor beweerde “kultuur van rassisme” by skool

Hierdie leerlinge is tydens ‘n tug-proses onskuldig bevind.

Die maatskappy se direkteur, Mthuthuzeli Mdladlamba, het tydens vanoggend se terugvoer gesê dat sommige wit onderwysers glo nie swart kollegas groet nie omdat “hulle nie weet of hulle onderwysers of skoonmakers is nie.”

Volgens hom het die geskorste skoolhoof, Phillipa Erasmus bevestig dat sommige wit onderwysers nie hulle kollegas van ‘n ander ras groet nie. Sy het glo ook gesê dat van die administratiewe personeel sleg behandel word.

LEES OOK: Girls High: Dissipline, en opvoeding nié net die skool se verantwoordelikheid nie, sê LUR

Erasmus het glo verder gesê dat sy nie dissiplinêre stappe kan doen nie omdat die administratiewe personeel nié hulle kollegas se name wil bekend maak nie.

Verder het die prokureursfirma bevind dat die skoolhoof en haar adjunk nie vinnig genoeg opgetree het toe klagtes van rassisme by hulle aangemeld is nie, en daarom word ‘n klag van wangedrag voortgestel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou