Luister nou

Petisie teen dieremishandeling begin ná “bekende” bobbejaan se wrede einde

Deur Pretoria FM Nuusspan

9 Februarie 2025

Waarskuwing: Die inhoud van die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Die dood van ‘n bobbejaan, wat die afgelope week in Pretoria rondbeweeg het, ontlok tans groot reaksie op sosiale media. 

‘n Vroeër foto van Raygun.

Die bobbejaan het vinnig bekendheid verwerf in Pretoria, en is Raygun deur inwoners gedoop.

Verskeie foto’s en videos is die afgelope week gedeel van Raygun wat onder meer kerke besoek, in strate rondbeweeg, en is selfs op die dak van die Hoërskool die Wilgers raakgesien. Hy is glo uit sy trop verdryf.

‘n Petisie is nou deur inwoners begin wat geregtigheid vir Raygun eis.

Dit kom nadat ‘n grafiese video opgeduik het waarin gesien kan word hoe skoolkinders van die Botleng Secondary School in Delmas die bobbejaan ondermeer met klippe bestook, met stokke slaan, sy tande uit sy bek skop en dan aan die brand steek deur brandende bande wat op hom gepak is.

Inwoners meen die Dierebeskermingsvereniging en die polisie moet dringend ingryp en die betrokke persone verantwoordbaar hou.

Raygun op die skool se dak. Foto: REKORD

Die omgewingsorganisasie, Owl Rescue Centre het Raygun se reis die afgelope paar dae gevolg, en het gesê dit wil voorkom asof hy binnekort sy weg terug na die wild sou vind.

Die organisasie het in ‘n plasing op Facebook geskryf dat Raygun sy pad veilig gevind het deur woonbuurte, waarna hy uiteindelik ‘n landelike area met natuurreservate gevind het.

“Hy het ongelukkig ‘n verkeerde draai gevat en 40 kilometer tot in Delmas gestap, waar hy by die betrokke skool uitgekom het.”

Volgens die organisasie is ‘n span Vrydag na die skool om Raygun se liggaam te kry sodat hy begrawe kon word. Die span se aankoms was egter nie verwelkom nie, en is hulle gedreig. Die reddingspan het gewag tot die groep skoolkinders die perseel verlaat waarna hulle Raygun gaan haal het.

Hy is op die Owl Rescue Centre se eiendom onder ‘n Maroelaboom begrawe.

“Ons het hom gefaal, en is bitter hartseer oor die manier waarop Raygun dood is. Sy dood kom as ‘n hartseer werklikheid dat daar nog baie werk gedoen moet word om wilde diere te beskerm, en om jong mense op te voed oor die belangrikheid om die diere te beskerm en respekteer.”

Die sentrum se plasing oor Raygun se wrede einde en waar hy begrawe is, is meer as 2 000 keer gedeel en het byna 3 000 kommentare.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Malaria - Regency Healthcare

Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Padlangs

Wanneer regstelling ’n rookskerm word

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering
Fotokrediet: WUNC
Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd
SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in
Malaria - Regency Healthcare
Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe

Luister nou