Die Pestalozzi-trust – ’n organisasie wat hom beywer vir onder andere tuisonderwys – het hom tot die Grondwethof gewend om die grondwetlikheid van die omstrede Bela-wet aan te vat.
Volgens Netwerk24 is dit glo die eerste hofsaak wat formeel ingestel is om die wet se grondwetlikheid te toets.
Die trust meen dat die parlement se openbare deelnameproses bloot ’n “rubberstempel”-oefeningwas.
Christopher Cordeiro, woordvoerder van die trust, sê hulle voel dat die parlement nie regtig geluister het na insette van tuisonderrig-gemeenskappe nie, en dat die parlement nie eens sy eie interne prosedures korrek gevolg het nie.
Die saak kan groot gevolge inhou vir onderwysvryheid en die reg op keuses in leer en onderrig.