Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê hy gaan saam met die polisie en ander owerhede werk om verkiesingsveiligheid te versterk ná die onlangse vermeende politieke moorde.
Die kommissie beskryf die aanvalle as ’n slag vir demokrasie, te midde van verhoogde veldtogte voor November se plaaslike verkiesings.
Verskeie politieke voorvalle is oor die naweek aangemeld, wat die moord op twee MK-party lede in Bekkersdal, ’n DA tussenverkiesingskandidaat in Kaapstad, en ’n ANC-raadslid in Gqeberha, insluit.
Die OVK-verkiesingshoof, Sy Mamabolo sê die kommissie werk reeds saam met veiligheidsowerhede om planne te versterk en kiesers, personeel en infrastruktuur te beskerm.