Luister nou

Oudlyfwag van Malema eis skadevergoeding

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die voormalige lyfwag van die EFF-leier, Julius Malema, Adriaan Snyman, dagvaar die staat vir R20 miljoen in skadevergoeding in verband met die aanklagte wat voorheen teen hom aanhangig gemaak is.

Snyman was in 2018 ’n medebeskuldigde saam met Malema in die saak wat verband hou met die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer, nadat Malema ’n vuurwapen in die openbaar tydens die party se verjaarsdagvieringe afgevuur het.

Snyman is verlede jaar Oktober vrygespreek.

Snyman beplan om die hof te nader vir ’n verstekvonnis, aangesien die Nasionale Vervolgingsgesag en die polisie versuim het om binne die spertyd van 30 dae op die eis te reageer.

Volgens Snyman se woordvoerder, Kirsten McLeod, wag hul steeds vir die NVG en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om op die skriftelike eis vir betaling te reageer.

“Dit is as gevolg van die kwaadwillige vervolgingsbewering. Ons sal binnekort regstappe instel, en indien hulle nie reageer nie, sal ons aansoek doen vir ’n verstekvonnis,” sê McLeod.

Malema se vonnisoplegging het vandag in Oos-Londen begin.

Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou