Luister nou

Oudlyfwag van Malema eis skadevergoeding

Die voormalige lyfwag van die EFF-leier, Julius Malema, Adriaan Snyman, dagvaar die staat vir R20 miljoen in skadevergoeding in verband met die aanklagte wat voorheen teen hom aanhangig gemaak is.

Snyman was in 2018 ’n medebeskuldigde saam met Malema in die saak wat verband hou met die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer, nadat Malema ’n vuurwapen in die openbaar tydens die party se verjaarsdagvieringe afgevuur het.

Snyman is verlede jaar Oktober vrygespreek.

Snyman beplan om die hof te nader vir ’n verstekvonnis, aangesien die Nasionale Vervolgingsgesag en die polisie versuim het om binne die spertyd van 30 dae op die eis te reageer.

Volgens Snyman se woordvoerder, Kirsten McLeod, wag hul steeds vir die NVG en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om op die skriftelike eis vir betaling te reageer.

“Dit is as gevolg van die kwaadwillige vervolgingsbewering. Ons sal binnekort regstappe instel, en indien hulle nie reageer nie, sal ons aansoek doen vir ’n verstekvonnis,” sê McLeod.

Malema se vonnisoplegging het vandag in Oos-Londen begin.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Cape Town Press Club

Steenhuisen verdedig sy besoek

Fadiel Adams

Fadiel Adams vasgetrek

Fotokrediet: VectorStock

Kenia en Nigerië is bekommerd oor optogte

Fotokrediet: EWN

Cosatu vra meer van die regering

NSFAS

NSFAS onder administrasie geplaas

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Daily Maverick
Fadiel Adams kom in Pinetown aan
Leeu - Weet
Leeu se opwagting, laat skool sy deure sluit
Fotokrediet: Spectrum Hearing
SAID sperdatums bekend
Fotokrediet: Cape Town Press Club
Steenhuisen verdedig sy besoek
Fadiel Adams
Fadiel Adams vasgetrek

Luister nou