Luister nou

Opvolg: Boer wat vrot kos verkoop op borgtog vrygelaat

7 Februarie 2025

Die Mpumalanga-boer wat daarvan beskuldig word dat hy kos, wat verval het, herverpak en versprei het, Pieter Johannes Grobler (30), is vandag deur die landdroshof in Secunda op borgtog van R8 000 vrygelaat. 

Die Valke-woordvoerder, luitenant-kolonel Magonseni Nkosi, het bevestig dat hulle op vier koelkamers gevul met blikkieskos, wat verval het, vrot rooivleis en hoender afgekom het. Grobler het glo die kos by kettingwinkels en ander verspreiders ingesamel en maak of hy dit vir sy diere wil voer.

LEES OOK: Mpumalanga-boer vasgetrek na hy vrot kos herverkoop

Sewe vrieskaste met herverpakte graan, meel en mieliemeel is ook in die stoorkamer gevind.

As borgvoorwaardes moet Grobler elke week by die plaaslike polisiestasie aanmeld en moes hy ook sy reisdokumente indien. 

Die saak is tot 27 Maart vir verdere ondersoek uitgestel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Orgaan

Jong man (28) sterf skielik, red talle lewens as orgaanskenker: “Ons kind se dood was nie sinneloos nie”

Fotokrediet: The Mail & Guardian

Ramaphosa het ’n 50/50-kans

Gamtoos 4

As ons gaan lê is dit tot niet

Internasionale Perspektief nuut

Hoe ʼn slegte besluit of twee ʼn wenoorlog op sy kop gekeer het

Handboeke

VF Plus vra eie geskiedenisleerplanne in skole

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Kos op die tafel begin lank voor die winkelrak
Leon Gropp
Leon Gropp gaan van Comrades tot komedie
Heinrich Marnitz
Heinrich Marnitz terug met Fluweel-klanke
Orgaan
Jong man (28) sterf skielik, red talle lewens as orgaanskenker: “Ons kind se dood was nie sinneloos nie”
Fotokrediet: The Mail & Guardian
Ramaphosa het ’n 50/50-kans

Luister nou