Marelize Maré
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi sê hy is besig met die laaste afrondingswerk ter voorbereiding die G20-leiersberaad wat eerskomende naweek in die provinsie aangebied word.
Die meeste werk word by die Nasrec-konferensiesentrum gedoen, maar volgens Netwerk24 se ondersoeke is ‘n groot deel van die Goue-hoofweg besig om oorgeteer te word, bome word in vervalle dele van die middestad geplant en informele handelaars het die trekpas in die sentrale sakekern gekry.
Om te verseker dat staatshoofde en ander afgevaardigdes duidelikheid sal hê oor waar hulle hul bevind, is ’n reuse- Suid-Afrikaanse landsvlag langs die R24/N12-wisselaar naby die OR Tambo Internasionale Lughawe met klippies in die kleure van die vlag uitgepak.
Die afgevaardigdes sal in Johannesburg vergader om Suid-Afrika se G20-voorsitterskap af te handel.