Luister nou

Ooreenkoms oor e-tolskuld moet eers bereik word, voor moontlike afskaffing

Deur Pretoria FM Nuusspan

10 Oktober 2023

Motoriste in Gauteng kan moontlik steeds verantwoordbaar gehou word vir e-tolgeld as ‘n antwoord in die parlement van die minister van finansies, Enoch Godongwana, eng geïnterpreteer word.

Om verdere onduidelikheid oor die einde van die e-tolstelsel aan te wakker, het Godongwana in antwoord op ‘n vraag van die DA se Dennis Ryder – oor waarom die e-tolhekkie nie afgeskakel word nie – gesê dit sal eers gedoen word sodra daar ‘n bindende ooreenkoms oor die afbetaling van skuld bereik is.

Só ‘n ooreenkoms moet tussen die Gautengse provinsiale regering en die nasionale regering onderteken word oor hoe daar te werk gegaan sal word om die uitstaande skuld te delg.

Vir só ooreenkoms moet provinsiale finansieringsbronne vir die agterstand in instandhouding en rehabilitasie van die netwerk en die duur waaroor dit gedoen sal word aangedui word.

Daar moet ook duidelikheid wees oor die provinsie se posisie oor padgebruikers wat nie e-tol betaal het nie.

Dit dui daarop dat padgebruikers wat nie hul e-tolrekeninge in die loop van die afgelope tien jaar betaal het nie dalk aanspreeklik kan wees om hul skuld te vereffen voordat die skema gesluit word.

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi het op sý beurt in Januarie vanjaar – toe dit bekend geword het dat die stelselsel geskrap gaan word – verklaar dat gebruikers wat getrou e-tolgeld betaal het, op ‘n manier daarvoor vergoed sal word.

Foto: MyBroadband

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Atlantic Council

Iran se missielprogram is nie deel van die onderhandelinge nie

Telefoon

56% van polisiekantore antwoord nie

Fotokrediet: Tripadvisor

Toeris noodlottig in ‘n skietongeluk gewond

Fotokrediet: BusinessTech

Motoriste kan veranderinge verwag

Parlement

Nuwe reëls vir artikel 89-proses

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Nie ʼn perfekte ooreenkoms nie, maar gee dit ʼn kans…
Thoko Didiza
Phala Phala-aanklagkomitee: Geen geskiktheidsvereistes vir nou
Fotokrediet: Netwerk24
Binnelandse sake gaan langer ure werk
Fotokrediet: Atlantic Council
Iran se missielprogram is nie deel van die onderhandelinge nie
Telefoon
56% van polisiekantore antwoord nie

Luister nou