Ooreenkoms oor e-tolskuld moet eers bereik word, voor moontlike afskaffing


Luister nou

Volgende

Ooreenkoms oor e-tolskuld moet eers bereik word, voor moontlike afskaffing

10 Oktober 2023

Motoriste in Gauteng kan moontlik steeds verantwoordbaar gehou word vir e-tolgeld as ‘n antwoord in die parlement van die minister van finansies, Enoch Godongwana, eng geïnterpreteer word.

Om verdere onduidelikheid oor die einde van die e-tolstelsel aan te wakker, het Godongwana in antwoord op ‘n vraag van die DA se Dennis Ryder – oor waarom die e-tolhekkie nie afgeskakel word nie – gesê dit sal eers gedoen word sodra daar ‘n bindende ooreenkoms oor die afbetaling van skuld bereik is.

Só ‘n ooreenkoms moet tussen die Gautengse provinsiale regering en die nasionale regering onderteken word oor hoe daar te werk gegaan sal word om die uitstaande skuld te delg.

Vir só ooreenkoms moet provinsiale finansieringsbronne vir die agterstand in instandhouding en rehabilitasie van die netwerk en die duur waaroor dit gedoen sal word aangedui word.

Daar moet ook duidelikheid wees oor die provinsie se posisie oor padgebruikers wat nie e-tol betaal het nie.

Dit dui daarop dat padgebruikers wat nie hul e-tolrekeninge in die loop van die afgelope tien jaar betaal het nie dalk aanspreeklik kan wees om hul skuld te vereffen voordat die skema gesluit word.

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi het op sý beurt in Januarie vanjaar – toe dit bekend geword het dat die stelselsel geskrap gaan word – verklaar dat gebruikers wat getrou e-tolgeld betaal het, op ‘n manier daarvoor vergoed sal word.

Foto: MyBroadband

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Ooreenkoms oor e-tolskuld moet eers bereik word, voor moontlike afskaffing


Luister nou

Volgende