Luister nou

Onderwysdepartement stel raad saam om 30%-slaagsyfer te heroorweeg

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die departement van onderwys sê hy is besig om ‘n raad saam te stel wat na maniere moet kyk om opvoedingstandaarde te verbeter.

Dit sluit die slaagsyfer vir matriekulante in, wat in sekere vakke 30% is.

Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het in antwoord op ‘n parlementêre vraag gesê dat die aanpassing van die slaagsyfer noukeurige oorweging vereis.

Benoemings vir lede van dié raad het reeds gesluit en die departement is besig met die keuringsproses. Volgens Gwarube is die samestelling van ‘n raad ‘n teken van haar toewyding om nie besluite te neem sonder dat die nodige bewyse ingewin is nie.

Die 30%-slaagsyfer is lank reeds ‘n omstrede punt met talle onderwysers en kenners wat meen dat dié slaagsyfer leerlinge benadeel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou