Luister nou

Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop

Deur Pretoria FM Nuusspan

Deur: Marianne Pouwels

Ek is jonk, ek het ’n graad, ’n droom en ja, ek het ook al daardie oomblikke gehad waar ek gedink het: “Miskien is pres. Donald Trump se aanbod nie so ’n slegte idee nie.” Amerika, Nederland, Australië – dit klink soms soos plekke waar die son altyd skyn, die WiFi altyd werk en die paaie nie gate het nie.

Ek verstaan hoekom mense wil emigreer. Ons land het sy uitdagings – beurtkrag, werkloosheid, misdaad, politieke drama. Die lys gaan aan en aan… Dit is regtig nie altyd maklik om jonk te wees in Suid-Afrika nie. Jy voel soms asof jy vir alles moet baklei – vir werk, vir veiligheid, vir ’n kans, vir hoop.

Elke keer as ek moedeloos voel, onthou ek een ding: hierdie land het vir my karakter gegee. Veerkragtigheid, aanpasbaarheid, kreatiwiteit. En ’n diep waardering vir wat regtig saak maak – die mense, kultuur, humor, en om ’n verskil te maak, al is dit klein. My identiteit lê gewortel in Afrika-grond.

Wat ons dikwels vergeet, is dat hier soveel geleenthede is, juis omdat dinge nie perfek is nie. Suid-Afrika het ruimte vir jong leiers, vir entrepreneurs, vir mense met groot idees en hope energie. As jy ’n plan het, is hier plek om iets uit niks te bou. Dis nie maklik nie, maar dit is moontlik! As jongmense wag ons soms dat dinge “beter moet raak” voor ons wil bly. Maar wat as ons deel is van die oplossing? Wat as dit juis óns is wat die stelsels moet uitdaag, wat regtig moet bou aan ’n nuwe toekoms – een waarin ons graag ons kinders wil grootmaak? Ons het die kennis, die tegnologie, maar belangriker nog – ons het die hart. Ons verstaan hoe om aan te pas, hoe om ’n verskil te maak, hoe om aan te hou hoop.

Suid-Afrika is ’n land met van die mooiste sonsopkomste wat jou asem wegslaan, mense wat jou hand skud en groet met ’n “Hoe gaan dit?”, selfs al ken hulle jou nie. Ons braai, ons sokkie, ons eet basaarkos. Dis waar ek my mense verstaan, waar my taal sin maak, waar ek deel is van iets groter. Ek kies om te bly omdat ek weet dat ek ’n rol het in dié land.

Dié land kort nie net mense wat kan kla nie – dit kort mense wat kan bou, en ek bou graag. Suid-Afrika is nie volmaak nie, maar dit is vol lewe. En ek wil déél wees van wat op pad is.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou